Facebook draai lamlendig met bekendmaking van veranderinge aan nuuslyn

CEO of Facebook, Mark Zuckerberg, rubbing his chin - January 2018Mark Zuckerberg, die hoof uitvoerende beampte van Facebook Ing. (NASDAQ:FB), het verlede Donderdag aangekondig dat daar reuse veranderinge aan die kom is vir die sosiale media se platform en nuuslyn. In ʼn webjoernaal plasing het Zuckerberg genoem dat plasings van vriende en familie binnekort meer prioriteit gaan ontvang as inhoud geplaas deur besighede en nuus organisasies. Hy het ook genoem dat slegs inhoud wat gewildheid onder gebruikers toon, asook dié waarop grootskaalse kommentaar gelewer word, sal op gebruikers se nuuslyn verskyn.  Facebook sal ook verder gaan deur veranderinge aan die algoritme aan te bring wat dan slegs “kwaliteit nuus” sal wys. Daar is egter geen verduideliking of uitbreiding oor presies hoe Facebook dit wil bereik nie.

ʼn Afname in die nuuslyn (wyd verspreide video’s en ander onverwante inhoud) sal vanselfsprekend lei tot ʼn afname in die tyd wat gebruikers op die platform spandeer. Ontleders is bekommerd dat dit ʼn beduidende negatiewe impak gaan hê op die totale verdienstes van die maatskappy, en het gelei tot die verkoop van die aandele. As gevolg van die feite wat hieronder genoem gaan word, verwag ons dat die aandele, wat gister op $178.39 gesluit het, verder gaan afneem in die komende dae.

Die beslissing om die kode wat die nuuslyn dryf te verander is heel moontlik die grootste verandering aangebring deur Facebook vandat hulle ses jaar gelede ʼn openbare maatskappy geword het. Hierdie beslissing deur Facebook word gesien as ʼn direkte reaksie op die misbruik van die platform deur sekere Russiese groepe tydens die Amerikaanse presidensiële veldtog. Daar sal onthou kan word dat Facebook, Twitter, en Google almal verlede herfs getuig het op Capitol Hill.

Die verandering wat nou aangebring gaan word, gaan die tyd wat gebruikers op die platform spandeer aansienlik verminder. Zuckerberg het hierdie feit baie duidelik herken toe hy verlede week die volgende gesê het “Ek wil dit duidelik maak: deur hierdie verandering aan te bring, verwag ek dat die tyd wat mense op Facebook deurbring, asook die hoeveelheid deelname van die gebruikers gaan afneem.”

Selfs voor die implementering van die veranderinge hierbo genoem, het die advertensie aandele groei begin afneem. Statistieke toon ook dat die tyd wat gebruikers tans op die Facebook platform deurbring geen groei toon nie. Verder het die jonger geslag begin om ander wyses van kommunikasie te gebruik soos Snapchat. Gegrond op die feite hierbo genoem, het die Barclays ontleder, Ross Sandler, beleggers gemaan oor die implikasies teweeg gebring deur die Facebook veranderinge. Ons verwag dus dat die aandele vir die korttermyn lamlendig gaan bly.

Tegnies, het die aandele die ondersteuning gebreek op 181. Verder verhandel die aandele onder die 50-dag bewegende gemiddeld en die op-balans volume neem af. Ons verwag dus dat die aandele verder gaan afneem.

Facebook - Technical Analysis - 17th January 2018

Om te baat uit die moontlike afname, kan ons ʼn kort posisie naboots deur die aankoop van ʼn put opsie vanaf ʼn geskikte binêre makelaar. Die opsie hoort aktief te wees tot 25 Januarie en die aandele hoort te verhandel na aan $180 in die NASDAQ.

Vrywaring: Die handel ontleding hier aangebied in slegs ons mening. Dit is nie voorsien as verhandeling advies nie, maar slegs as ʼn aanduiding van ons handelsplan. Ons kan nie sukses waarborg nie en ons moedig handelaars aan om streng geld bestuur strategieë in werking te stel om verliese te beperk. Maak asseblief gebruik van hierdie artikel as deel van jou eie navorsing, alvorens jy strategieë formuleer vir verhandeling.