GM swaai na ‘n verlies in 4K17, inkomstes val 5.5% jaar-oor-jaar

GMC wheel rim - photo -February 2018Die Detroit-gebaseerde General Motors Maatskappy (NYSE: GM) verklaar ʼn beter as verwagte inkomste en non-GAAP verdienstes vir die fiskaal 2017 vierde kwartaal. Die maatskappy verklaar egter ʼn GAAP netto verlies in 4K17, in vergelyking met ʼn GAAP netto wins in 4K16. General Motors verwag ook om baat te vind uit die bekendstelling van nuwe, asook oorkruisings modelle in 2018. Ons verwag egter dat die aandele, wat gister op $41.86 gesluit het, verder gaan afneem as gevolg van die redes hieronder uiteengesit.

General Motors verklaar ʼn 4K17 netto verlies van $5.17 miljard, of $3.65 per aandeel, op inkomstes van $37.72 miljard, in vergelyking met ʼn netto wins van $1.84 miljard of $1.19 per aandeel, op inkomstes van $39.90 miljard in 4K16. Die Wall Street ontleders het verwag dat GM inkomstes van $36.98 miljard gaan verklaar.

Die GAAP netto verlies sluit $13.5 miljard in fooie in. General Motors het ʼn $6.2 miljard (meestal nie-kontant) fooi geneem as gevolg van die verkoop van Opel/Vauxhall. Verder het die maatskappy ook ʼn $7.3 miljard nie-kontant fooi verklaar, wat verband hou met die nuwe belasting wetgewing.

Uitsluitende fooie, was die aangepaste verdienstes $2.38 miljard, of $1.65 per aandeel, in die huidige kwartaal. Die verklaarde non-GAAP verdienstes was hoër as die FactSet konsensus van $1.39 per aandeel. In die vorige jaar periode, het General Motors aangepaste inkomstes van $2.10 miljard, of $1.36 per aandeel, verklaar.

Vir die kwartaal wat 31 Desember 2017 geëindig het, het die aangepaste EBIT 18.% verhoog jaar-oor-jaar na $3.1 miljard. General Motors het 8.9 miljoen voertuie wêreldwyd in die vierde kwartaal verkoop, wat ʼn 0.8% groei verteenwoordig op ʼn jaar-oor-jaar basis. Die maatskappye het ook sy internasionale mark aandeel verhoog in al drie markte waarin dit handel dryf. General Motors het egter 2017 afgesluit met ʼn pensioen posisie wat met $14.1 miljard onderbefonds was, in vergelyking met die $18.2 miljard aan die einde van 2016.

In Noord-Amerika, het die aangepaste EBIT verhoog na $2.9 miljard, vanaf $2.7 miljard in 2016. Vir die derde jaar in ʼn ry het GM marges geregistreer van oor die 10% in daardie streek. Dit was egter onder die 11.3% marge wat verklaar is vir die ooreenstemmende kwartaal verlede jaar. Die maatskappy se inventaris het gestaan op ʼn 63 dag voorraad, wat ʼn afname van 900,000 eenhede toon vanaf die einde van verlede jaar. Die aanvraag na bakkies en oorkruisings modelle het nuwe hoogtes bereik, wat gelei het tot oorhoofse verkope van 3 miljoen eenhede in 2017.

Die Internasionale afdeling het ʼn aangepaste EBIT verklaar van $400 miljoen in 4K17, ʼn verhoging vanaf $200 miljoen in die vorige jaar se kwartaal. Dit was die eerste kwartaal waarin General Motors en hul gesamentlike ondernemings 4 miljoen voertuie in Sjina verkoop het. Die verkope was hoofsaaklik voertuie onder die Baojun, Buick, en Cadillac handelsname gewees. GM het ook ʼn rekord van 69,500 voertuie verkoop in die kwartaal wat 2017 geëindig het.

Aangepaste EBIT vir GM finansieel het $100 miljard j-o-j verhoog na $300 miljoen op inkomstes van $3.30 miljard. Die maatskappy verwag om baat te vind uit verkope van hul nuwe oorkruis modelle, soos die Buick Enclave, GMC Terrain, en Chevrolet Travers. GM beplan ook die bekendstelling van die Cadillac TM oorkruisings model. Die maatskappy beplan om in 2018 vyftien modelle in China bekend te stel, wat onder die handelsname van Buick, Baojun, Chevrolet, Wuling, en Cadillac bemark sal word. GM het verlede maand federale goedkeuring versoek vir ʼn selfaangedrewe voertuig. Die maatskappy het ʼn $8 miljard kapitaal bestedingsplan vir 2018. In besonder, gaan $1 miljard op outonome voertuie spandeer word.

Ongeag al die positiewe nuus, het die algehele verkope van voertuie in die VSA met 1.8% gedaal jaar-oor-jaar na 17.25 miljoen voertuie in 2017. Daar word verwag dat hierdie afname GM ook gaan affekteer. Ons verwag dus ʼn winsbespreking in die komende dae, aangesien die aandele waardes verhoog het met ongeveer 30% in die afgelope vier maande.

Tegnies, het die aandele onder die 50-dae bewegende gemiddeld van 42.50 gedaal. Verder het die MACD en RSI aanwysers onder die nul vlak gekruis. Ons verwag dus ʼn verdere afname in die aandeleprys.

General Motors - Technical Analysis - 7th February 2018

Om te kapitaliseer op die verwagte afname in die aandele van General Motors, kan ʼn put opsie kontrak aangekoop word vanaf die platform van ʼn betroubare binêre makelaar. Die aandele hoort na-aan $41 te verhandel op die New York se Aandelebeurs en die kontrak moet aktief bly vir ten minste een week vanaf die datum van die aankoop daarvan.

Vrywaring: Die handel ontleding hier aangebied in slegs ons mening. Dit is nie voorsien as verhandeling advies nie, maar slegs as ʼn aanduiding van ons handelsplan. Ons kan nie sukses waarborg nie en ons moedig handelaars aan om streng geld bestuur strategieë in werking te stel om verliese te beperk. Maak asseblief gebruik van hierdie artikel as deel van jou eie navorsing, alvorens jy strategieë formuleer vir verhandeling.