Intel trek voordeel uit komende regstellings vir mikroskyfie kwesbaarhede

Die aandele van die mikroskyfie vervaardiger, Intel Korporasie (NASDAQ: INTC), het met byna 10% gedaal na $42.70 in die eerste week van Januarie. Die aandele het gedaal nadat ernstige sekuriteits defekte, genaamd Meltdown en Spectre, ontdek is in die verwerkers wat ontwerp is deur Intel, ARM en AMD. Sekuriteit navorsers verbind aan Google se Project Zero, tesame met die samewerking van akademiese navorsers vanuit verskeie lande, het die defekte in die verwerkings mikroskyfies geïdentifiseer. Hierdie mikroskyfies vorm wêreldwyd die ruggraat van slimfone en persoonlike rekenenaars.

Google meld dat hulle Intel en ARM op 1 Junie, 2017 in kennis gestel het van die Spectre defek, en op 28 Julie 2017 van die Meltdown defek. Beide Intel en ARM het volgehou dat daar geen ontwerpers defek bestaan nie. Die maatskappye het egter saamgestem dat gebruikers ʼn regstelling moet aflaai en die bedryfsisteem moet opgradeer om hierdie kwessie op te los.

Meltdown het glo ‘n impak op Intel verwerkers wat sedert 1995 vervaardig is. Daar is egter gevind dat die maatskappy se Itanium bedienaar mikroskyfies en Atom se verwerkers wat voor 2013 vervaardig is, nie hierdie defekte toon nie. Die Spectre defek het ʼn uitwerking op byna al die nuutste verwerkers vervaardig deur Intel, ARM en AMD. Kuberkrakers mag dalk toegang verkry tot sensitiewe data deur gebruik te maak van hierdie defekte, insluitende bank en finansiële inligting en wagwoorde.

Tydens ʼn toespraak deur Intel se hoof uitvoerende beampte, Brian Krzanich, gelewer op Maandag aand in Las Vegas tydens die jaarlikse CES uitvindsel skou, het hy genoem dat die nodige sagteware regstelling beskikbaar sal wees in die komende week vir 90% van die verwerkers wat in die afgelope vyf jaar vervaardig is. Hy het voortgegaan deur te meld dat die regstellings vir die oorblywende verwerkers teen einde Januarie beskikbaar gemaak sal word. Daar is egter geen inligting voorsien van wanneer die maatskappy beplan om vir die ouer verwerkers regstellings te verskaf nie. Krzanich het ook beweer dat hy nog op geen voorvalle afgekom het waar data gesteel is nie. AMD het vermeld dat daar “amper geen risiko aan AMD produkte op hierdie tydstip is nie.”

Dit is kenmerkend dat daar berigte is van Krzanich wat $24 miljoen van sy Intel aandele verkoop het in November, voor die publiek bewus gemaak is van die kwesbaarheid wat bestaan. Intel het erken dat hulle al in Junie in kennis gestel is van die defekte.

Aangesien daar verwag word dat die kwessie in hierdie maand nog opgelos gaan word, verwag ons dat die aandele ʼn skerp terugkeer sal vertoon tydens die opkomende verhandelings sessies.

Tegnies het die aandele bystand gevind teen 43.20. Die stygende verhogings aanwyser bevestig die korttermynstygfase van die aandele. Ons verwag dus dat daar ʼn verhogings periode binnekort sal onstaan.

Om te baat uit die opwaartse neiging, oorweeg ons dit om te belê in ʼn opsie kontrak. Die opsie kan slegs gekoop word indien die binêre makelaar ʼn kontrak aanbied met ʼn verval datum van om en by 18 Januarie. Daarbenewens hoort Intel ook te verhandel teen ongeveer $40.

Vrywaring: Die handel ontleding hier aangebied in slegs ons mening. Dit is nie voorsien as verhandeling advies nie, maar slegs as ʼn aanduiding van ons handelsplan. Ons kan nie sukses waarborg nie en ons moedig handelaars aan om streng geld bestuur strategieë in werking te stel om verliese te beperk. Maak asseblief gebruik van hierdie artikel as deel van jou eie navorsing, alvorens jy strategieë formuleer vir verhandeling.