JnJ draai na ʼn verlies in 4K17, mis inkomste beramings

J&J Ceo, Alex Gorsky, standing to make a speech - photo - January 2018Die FMCG en farmaseutiese reus Johnson & Johnson (NYSE:JNJ) verklaar ʼn draai na ʼn netto verlies in die fiskaal 2017 se vierde kwartaal, in vergelyking met ʼn netto wins in die ooreenstemmende tydperk van 2016. Soortgelyk aan ander maatskappye, het JnJ ʼn belasting fooi van $13,27 miljard opgeneem as gevolg van die onlangse belasting hervorming wat in die VSA geïmplementeer is. Op ʼn “non-GAAP” basis het die maatskappy inkomste ontleders se beramings oorskry. Die verdienstes het egter die konsensus met ʼn klein marge gemis. Na aanleiding van hierdie uitslae het die aandele gedaal met $6.31 of 4.26% om op $141.83 te sluit. Ons verwag ʼn verdere afname as gevolg van die redes hieronder uiteengesit.

Die Nieu-Brunswyk gebaseerde maatskappy verklaar ʼn 11.5% verhoging na $20.195 miljard in die 2017 vierde kwartaal fiskaal, in teenstelling met die $18.11 miljard van ʼn jaar gelede. Die 4K17 GAAP netto verlies was $10.72 miljard, of $3.99 per aandeel, in vergelyking met ʼn netto wins van $3.84 miljard, of $1.38 per aandeel in die vierde kwartaal van die 2016 fiskaal.

Uitsluitend die voorsiening van inkomste belastings, was die K4 2017 “non-GAAP” netto verdienstes $4.777 miljard, of $1.74 per aandeel, in vergelyking met die $4.361 miljard, of $1.58 per aandeel in die K4 2016. Die Zacks ontleders het inkomstes van $1.72 per aandeel op verdienstes van $20.22 miljard verwag.

Die Verbruiker segment het ʼn 3.1% jaar-oor-jaar verhoging in K4 se verdienstes na $3.54 miljard verklaar. Soortgelyk, het die Farmaseutiese segment ʼn inkomste van $9.68 miljard in die onlangse kwartaal verklaar, wat ʼn verhoging is van 17.6% op ʼn jaar-oor-jaar basis. Die Mediese Toestelle segment inkomste was kenmerkend op $6.974 miljard, ʼn verhoging van 8.3% vanaf $6.422 miljard.

Die SG&A se uitgawes het verhoog met 13.5% na $6.025 miljard. Soortgelyk het R&D se uitgawes verhoog met 37.3% na $3.635 miljard.

Die operasionele verkope van JnJ se veelvuldige Myeloma behandeling, Darzalex, het verhoog met 82.3% na $371 miljoen. Die ‘StreetAccount’ beraming was $346.7 miljoen. Die verkope van die Imbruvica behandeling het verhoog met 46% na $522 miljoen, maar het die ontleders se beramings gemis.

Die maatskappy het ʼn gemengde voorstel vir 2018 uitgereik. JnJ verwag FJ18 aangepaste verdienstes per aandeel in die omgewing van $8 tot $8.20. Die inkomste verwagting was in die omgewing van $80.6 tot $81.4 miljard. Ontleders verwag verdienstes van $7.86 per aandeel op inkomstes van $81.55 miljard vir FJ18. Dus word daar verwag dat JnJ se aandele in die korttermyn lamlendig sal bly met die verhoging in die SG&A uitgawes en ʼn gemengde FJ18 vooruitsig.

Die aandele van JnJ het begin afneem na dit ʼn weerstand op 148 ondervind het. Die RSI aanwyser daal nadat dit die oorbelaaide sone bereik het. Die onderliggende lamlendigheid is ook bevestig deur die afnemende ossillator. Ons verwag dus vir die aandele om in ʼn afwaartse tendens voort te duur vir die nabye toekoms.

JnJ - Technical Analysis - 25th January 2018
Om op die waarskynlike afname te handel, kyk ons uit vir ʼn put opsie op ʼn binêre makelaar se platform. Hierdie opsie moet aktief bly vir ʼn periode van een week. Addisioneel moet die aandele van JnJ na-aan $144 verhandel op die NY aandele mark.

Vrywaring: Die handel ontleding hier aangebied in slegs ons mening. Dit is nie voorsien as verhandeling advies nie, maar slegs as ʼn aanduiding van ons handelsplan. Ons kan nie sukses waarborg nie en ons moedig handelaars aan om streng geld bestuur strategieë in werking te stel om verliese te beperk. Maak asseblief gebruik van hierdie artikel as deel van jou eie navorsing, alvorens jy strategieë formuleer vir verhandeling.