McDonald’s klop K4 uitkyk na flink verkope van $1 koeldranke

McDonalds Saver Meal - photo - January 2018Die kitskos voedselkettinggroep, McDonald’s Korporasie, (NYSE:MCD) verklaar fiskaal 2017 vierde kwartaal uitslae wat ontleders se beramings oortref. Die maatskappy verklaar oor die beste selfde-winkel verkope groei in die afgelope ses jaar. McDonald’s verklaar egter ʼn afname in die 4K17 GAAP inkomstes, in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit het gevolglik gister gelei tot ʼn afname in die aandeleprys. Daar word nogtans, op die besonderhede hieronder uiteengesit, verwag dat die aandele weer sal terugkeer in die komende dae.

Die Oak Brook, Illinois-gebaseerde maatskappy verklaar ʼn 11% jaar-oor-jaar afname in die vierde kwartaal 2017 inkomstes, na $5.34 miljard. In die ooreenstemmende tydperk verlede jaar, het McDonald’s ʼn inkomste van $6.029 miljard verklaar. Die Konsensus beraming van Thomson Reuters was $5.22 miljard vir die vierde kwartaal. Die 4K17 GAAP netto inkomste het gedaal met 41% na $698.7 miljard, of $0.87 per aandeel, vanaf $1.193 miljard, of $1.44 per aandeel, in K4 2016. Die maatskappy het ʼn fooi van $0.84 per aandeel geneem as gevolg van die nuwe belastingswette wat in Desember in werking getree het.

Uitsluitende fooie, het die aangepaste verdienstes van $1.71 per aandeel die ontleders se beramings van $1.59 geklop. Die wêreld se grootste frikkadelbroodjie voedselkettinggroep verklaar ʼn 5.5% groei in internasionale selfde-winkel verkope in die onlangste kwartaal. Dit was hoër as Wall Street se beraming van 4.9%.

In die VSA het die selfde-winkel verkope toegeneem met 4.5% wat die 4.3% voorspelling gemaak deur ontleders oorskry het. McDonald’s vermeld dat die verkope skerp toegeneem het as gevolg van hulle $1 koeldrank en $2 McCafe drankie aanbiedings. Die verkope van hulle “Buttermilk Crispy Tenders” het ook merkwaardig verhoog.

Die maatskappy beplan om ʼn addisionele 1,000 nuwe restaurante te open. In hierdie opsig het die Hoof Finansiële Bestuurder, Kevin Ozan gesê dat driekwart van die beplande restaurante befonds sal word deur uitbreidende netwerke of affiliasies en lisensiehouers. In die VSA sien McDonald’s daarna uit om $2.40 miljard te belê om sodoende die maatskappy se “Experience of the Future” planne te versnel, wat ook digitale opgraderings insluit. Daar word dus verwag dat die aandele ʼn korttermynstygfase sal toon met die hoër as verwagte 4K17 aangepaste inkomstes en die ses jaar hoë selfde-winkel verkope.

Die aandele het die stygende driehoek patroon gebreek, soos in die patroon hieronder aangedui. Die MACD histogram is ook aan die toeneem, wat ʼn aanduiding is op ʼn verhoging in die momentum. Die prysgrafiek dui ook stewige ondersteuning aan op 173. Ons verwag dus dat ʼn korttermynstygfase binnekort in die aandeleprys sal plaasvind.

McDonalds - Technical Analysis - 31st January 2018

Ons glo dat dit ideaal sou wees om te handel op hierdie stygende tendens deur te belê in ʼn ‘call’ opsie. Hierdie opsie kontrak moet vir een week beskikbaar wees. Verder, hoort die aandele van McDonald’s na-aan $173 op die New York Effektebeurs te handel.

Vrywaring: Die handel ontleding hier aangebied in slegs ons mening. Dit is nie voorsien as verhandeling advies nie, maar slegs as ʼn aanduiding van ons handels plan. Ons kan nie sukses waarborg nie en ons moedig handelaars aan om streng geld bestuur strategieë in werking te stel om verliese te beperk. Maak asseblief gebruik van hierdie artikel as deel van jou eie navorsing, alvorens jy strategieë formuleer vir verhandeling.