Privacy Policy

Privaatheidsbeleid

Ons glo dat jy, ons webtuiste besoeker, die geleentheid moet hê om te kan kies en keur watter webtuistes jy besoek, met die veilige wete dat jou privaatheid gerespekteer gaan word. Dit is deesdae nie meer so maklik soos wat dit was nie, aangesien meer webtuistes jou versoek om in te teken en registreer om toegang tot hul inligting te kry.

Wanneer ookal jy inteken en registreer by ‘n webtuiste, loop jy die risiko dat daardie webtuiste jou inligting kan gebruik om allerhande bemarking en advertensie materiaal aan jou te stuur. Sommige webtuistes mag selfs jou inligting aan ‘n derde party maatskappy verkoop, wat meer promosie e-posse of gemorspos tot gevolg sal hê.

Hier by “SouthAfricanBinaryOptions.com” glo ons dat elkeen die reg het tot volkome privaatheid aanlyn. Met dit ingedagte, sal ons jou nooit versoek om in te teken en registreer om ons webtuiste te kan gebruik nie. Jy kan vrylik kom en gaan, met die veilige wete dat jou privaatheid gerespekteer word.

Indien jy ons kontak, sal ons slegs ‘n antwoord aan jou terugstuur indien jy ‘n vraag gevra het. Jou e-pos adres sal vir geen ander doel gebruik word nie en ook sal ons dit nooit aan ‘n derde party maatskappye verkoop nie. Ons wil slegs hê ons verhandelaars moet hierdie webtuiste geniet en fokus om die maak van winste.